Bietjie nuus van die dame self...

 

 

 

Hallo almal

 

Ek weet nie lekker waar om te begin nie.  Hierdie was soos verwag ´n 
ongelooflike, ongelooflike ervaring!!!  Wat ek nie verwag het nie, was die 
´waiting game´ wat so deel is van die antartika ekspidisies.  Het gelees oor 
vorige ekspidisies, Sean het ons gewaarsku en het hy tyd ingeruim, nooit het ek 
die logistiek verstaan nie en toe dit werklikheid word moes die koppe sterk 
bly.  Vir die van julle wat nie weet nie, ons het eers twee dae in Punta Arenas 
gewag voor die weer die vlug na Patriot Hills in die Ilyushin toegelaat het, 
ons het later begin spot en gesê die vliegtuig is net ´n "illlusion".  By 
Patriot Hills is ons toe vasgevang in sneeu in ons tente vir 7 dae en vlieg ons 
eers baie laatnag op die 6de na Vinson BC.  Maar elke minuut van die 7 dae was 
die moeite werd, ons word toe beloon met die mooiste weer denkbaar vir die 
volgende paar dae wat ons toelaat om almal die aand van die 11de te summit.  
Mooi weer op summit dag het nog steeds beteken -33 grade C met ´n wind van 6 
knope wat die aanvoelbare temperatuur nog laer gemaak het, dit was VREK VREK 
koud, maar ons het geen storms of sneeu gehad nie en is beloon met die 
onglooflikste panoramiese uitsig oor die Ellsworth bergreeks en die Antartika 
landskap.  Fisies was dit ´n ma-oerse uitdaging, die vertikale ascend teen die 
fixed ropes met jumars van low camp na high camp was nie speletjies nie, 1,2km 
se ascend teen helling van 45 grade en meer en dit met ´n rugsak van by die 
20kg het elke oomblik se sweet met die rondsleep van die Bull Terrier en al die 
ander fisiese voorbereiding die moeite werd gemaak.  Ons het vanoggend 5 uur 
met die Ilyushin uitgevlieg en is nou terug in Punta Arenas.  Het ons vlugte 
terug SA toe gemis, dit lyk of ons eers teen saterdag vlugte kan kry Santiago 
toe en sodoende ons terug tog te begin, maar ek sal eers môre meer detail hê.

 

Blykbaar is hierdie seisoen een van die slegste seisoene wat weer aanbetref, 
waar die Otters gewoonlik 6 uit 7 dae kan vlieg, het hulle hierdie jaar 1 uit 
elke 7 dae gevlieg, die Ilyushin is gewoonlik die remskoen, die parameters moet 
absoluut 100 persent in plek wees vir die vragvliegtuig om op die "blue ice" 
landingstrook te kan land, en is DIT ´n belewenis om daardie stuk yster op die 
ys te sien land.  Maar soos ek gesê het, ons is toe beloon vir die gewag.

 

Ons liggame is so deur mekaar, tyd hier het geen gevoel nie, ons is glad nie 
dag of nag georienteerd nie, die hele ekspidisie se tyd is bepaal deur goeie 
weer en deur skadu.  Ons kon nooit in skadu beweeg nie, dit is dan te koud, het 
dus op die onmoontlikste tye denkbaar gevlieg of tussen kampe beweeg, dit is 
die HELE tyd lig.

 

Baie dankie vir julle almal se gebede en ondersteuning.  Kathy/Donna/Colin - 
jammer vir die afrikaans, maar julle is ongelukkig in die minderheid.

 

Piet en Rosemary - baie dankie vir al die moeite met die baadjie, binnesole en 
mitts - danksy julle het ek nog al my vingers!!  En dit was hitte-te hoor, 
summit dag het ek op ´n stadium gedink het weer vriesbrand, my vingers was 
morsdood.  Ek lyk op hierdie stadium soos ´n racoon soos die wind en son my 
gesig verrinneweer het, ek het probeer beskerm, maar mens is so blootgestel.

 

Marlene W - kan jy asb vir Carina aanstuur.  Phillip - kan jy asb vir Daneel 
aanstuur.  Donald - kan jy asb vir Jacques aanstuur (die mummy).  Het nie hulle 
epos adresse op my gmail rekening nie.

 

Marlene W/Donald - kan julle asb vir die Shaan en Friedrich laat weet ek gaan 
eers volgende week terug wees by die werk, weet nog nie wanneer nie.

 

Marlene j v V - baie geluk met Kili summit.

 

Baie groete

 


**********************************************************************
This email and all content are subject to the following disclaimer:

http://content.momentum.co.za/content/legal/disclaimer_email.htm

 **********************************************************************


--~--~---------~--~----~------------~-------~--~----~
You received this message because you are subscribed to the Google Groups 
"DarkAndDirty" group.
To post to this group, send email to [email protected]
To unsubscribe from this group, send email to 
[email protected]
For more options, visit this group at 
http://groups.google.com/group/DarkAndDirty?hl=en
-~----------~----~----~----~------~----~------~--~---

Reply via email to