Dankie Johann, ek hou van die Afrikaanse name! :) ---------- Forwarded message ---------- From: Johann Fourie - Business Connexion <[email protected]> Date: 2010/7/2 Subject: BeginnerRoete 1 Julie Dark'nDirty
Ons kies toe net die regte Julie aand vir ‘n ride – 10C en net lekker. Die vorige 2 weke se vriesende koue iets van die verlede. Laat ek my eers voorstel -DonkerJohannes – sporadiese lid van die Dark’nDirty. Altyd ‘n beginner aangesien ek so 1 maal per jaar opdaag. Ek het weereens my vrinne van die Zenex-Express saamgebring met 2 totale newbies. Vir Eric die Viking,Oupa Gert en Heino ken ek darem. Die res is nuwe maatjies. My aand begin nie so waffers toe my liggie glad nie werk nie – gelukkig het ek ‘n koplampie wat amper 10 kers krag gee. Ons doen toe die Beginners roete. Heel aangenaam met ‘n paar bundu bashes en stokke in die ratte om by Ekstase-Parkie uit te kom. Die liggies in die nag was heel mooi soos die 20 of so ryers om en om gery het. Hierna is ons af na die treinspoor en toe Smutshuis se roete. Die Luislang is die die volgende voetpadroete wat geneem word. Bietjie anders as mens op gevoel moet ry. BobeenBreker is toe die 1stspoedsessie – eintlik bergklim sessie en die uwe was kort op Heino se wiel amper bo toe die steil helling en verkeerde rat keuse veroorsaak het dat ek my skoen moes ontkoppel en op die grond moes sit. Die dat ek die voorreg het op iets literer by te dra vir die nageslag! Ons doen toe die Rotstuinroete na benede ‘n avontuur op sy eie met klippe en groewe en ander donker dinge. Die volgende spoed sessie spring toe weg tot by die teerpad. Ek was nie seker wie gewen het nie – Blouogies ek dink – wat ek wel weet is dat ek voor was vir die eerste 1.5km van die 2km naelrit! Ons doen toe verder voetpadroetes tot by die GrootDonkerAfdraande naelrit tot by Rietvleidam. Hierdie keer was my strategie beter. Heino het gegaan met nog ‘n ander jaer. Ek het tot op Heino se wiel gegaan en gewag en gewag vir die regte oomblik. 500m voor die einde was die regte oomblik en daar in die stikdonker met ‘n 10 kerskrag koplamp het ons voorgesnel. Darem 1 spoedsessie gewen! Baie dankie vir almal wat alles reel en so mooi kyk na die beginners! Nag ou grote DonkerJohannes -- You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected]. To unsubscribe from this group, send email to [email protected]. For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.
