Die Laaste Lê van Rots "Klippie"

 

En soos elke ander nag verby

Lê Klippie in die veld, so lui,

Maar QT, op haar fiets, vol vaard

Sien net haar kans, ontsnap die aard!

 

Met woorde mans oor skaam sou wees

En harde skop, die fiets vergeet

Druk trappie in die rots se sterre

En nou vlap QT hard haar vlerke!

 

Maar aardse trek, die is ‘n feit

Die meisie hieperbools vaar vinnig suid

Met doef en ander hard geluid

Lê QT, wind beslis nou uit!

 

Maar Klippie, voorheen nooit bespreek,

Lê stukkend langs die pad, gebreek.

-- 
You received this message because you are subscribed to the Google Groups 
"DarkAndDirty" group.
To post to this group, send email to [email protected].
To unsubscribe from this group, send email to 
[email protected].
For more options, visit this group at 
http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.

Reply via email to