schrijf maar gewoon nederlands !!

Het is wel duidelijk dat zuid afrika een provincieis van Nederland

-----Original Message-----
From: Leon Messerschmidt [mailto:[EMAIL PROTECTED]]
Sent: Wednesday, November 01, 2000 7:49 AM
To: Turbine
Subject: Ja Meneer


Hi,

Die lang boodskap het in die slag gebly toe ek agter gekom het dat my
maklike vakkie toe nie so maklik was.

Die dosent was vir die eerste halfte van die semester oorsee, so ons het net
'n halwe semester om al die werk te doen.  Dit gaan basically daaroor dat jy
algoritmies nie uitdink nie, maar wiskundig uitwerk.  Jy begin met hierdie
wiskundige spesifikasie en jy doen iets wat bietjie soos 'n baie lang
algebra som lyk en dan eindig jy met 'n program.  Nogal cool, net nie
heeltemal so eenvoudig soos dit klink nie.  Probeer bietjie binary search
wiskundig uitwerk.

Om iets te skryf om oor die internet te werk behoort nie 'n probleem te wees
nie.  Die grootste probleem is om dit op die net te kry.  As jy weet wat jy
doen kan jy dit deur MWeb doen, maar daar is 'n paar komplikasies.  Jy kan
dalk iemand by die universiteit opspoor wat 'n server (of enige rekenaar met
'n vaste IP addres) vir jou so 'n rukkie sal leen.

Anyway.  Om jou program te internet-enable is baie maklik.  Jy moet aktually
twee progamme h� - 'n Server en 'n Client.  Die server en die client moet
mekaar connect oor TCP met 'n socket.  Gelukkig het Delphi (op die Internet
Tab) twee componente: ClientSocket & ServerSocket.

Om dit te toets kan jy sommer alby op dieselfde rekenaar run.  Run die
server op jou rekenaar en connect met die client aan 'n host met die naam
'127.0.0.1' (Sonder die aanhalings).  Dit is altyd die IP address van die
local computer.  Met ander woorde 127.0.0.1 beteken vir die client hy moet
'n socket oopmaak na die rekenaar waarop hyself run.  As jy aan 'n Server
oor die internet wil connect moet jy net sy IP addres in tik.

Nou dat die server reg is moet ons 'n port kies.  Daar kan meer as een
Server op 'n rekenaar run.  Die port van 'n webserver is meestal 80,  Mail
Server 25, Toets server 8080, ens.  Dis net 'n integer wat jy self uitdink.
Kies enige iets.

Dis omtrent al wat tricky is.  Die res is in die Delphi helpfile.  In Delphi
5 is daar 'n voorbeeld van hoe om met sockets te werk in die
/demos/internet/chat directory.  Dis nogal 'n cool beginpunt.

Bey Leon

ps.  Met my en Nadia gaan dit goed
pps.  Met my en Nadia gaan dit baie goed
ppps.  Ek sukkel om Binary search wiskundig te bewys
pppps.  Ek hou duim vas iemand koop jou uit.
ppppps.  Hoeveel om jou uit te koop?
pppppps.  Het jy al ooit die gevoel gekry dat iemand jou dophou?
ppppppps.  Ek hoop nie ek het nou jou slaap patroon versteur nie.




------------------------------------------------------------
To subscribe:        [EMAIL PROTECTED]
To unsubscribe:      [EMAIL PROTECTED]
Search: <http://www.mail-archive.com/turbine%40list.working-dogs.com/>
Problems?:           [EMAIL PROTECTED]


------------------------------------------------------------
To subscribe:        [EMAIL PROTECTED]
To unsubscribe:      [EMAIL PROTECTED]
Search: <http://www.mail-archive.com/turbine%40list.working-dogs.com/>
Problems?:           [EMAIL PROTECTED]

Reply via email to