****

*DOEN DIT VIR NELSON MANDELA – GO BOKKE GO*

*Donderdag, 1 September 2011*

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid Afrika (Numsa) sluit aan by
die mense van Suid Afrika, die liefdevolle nasie van die rewolusionere
ikoon, Nelson Mandela, die demokratiese en vegtende nasie van ons
rewolusionere martelaar Chris Hani, die sport - mal nasie van ons
rewolusionere heldin Francis Baard, en wens ons nasionale rugby span – die
Springbokke – beste wense wanneer hulle die lang en stormagtige stryd begin
om hul Webb Ellis trofee in Nieu Zeeland te verdedig.

Ons beroep ons op die Springbokke onder die leierskap en kapteinskap van
John Smith om die Suid Afrikaanse vlag hoog te vlieg ter ere van ons galante
 vryheids vegters wat geveg het vir nie-rassisme sport en ‘n einde aan die
mees verfoeilike en bose apartheid sisteem in ons land. Dit was ‘n generasie
van galante vegters wat seker gemaak het dat apartheid in Suid Afrika
geisoleer is van Internasionale Sport liggame totdat ‘n nuwe en demokratiese
verkose regering vir die mense van Suid Afrika geinstalleer is. Dit was nie
verbasend dat in 1995; onmiddelik na ons demokratiese deurbraak van 1994,
ons Springbokke gekroon is as die Webb Ellis trofee houers in ‘n vry en
bevryde Suid Afrika.

Die Metaalwerkers is trotse rugby geesdriftiges, want rugby is nie ver
verwyderd van die samelewing wat ons beoog wat vry is van inhaligheid,
barbarisme en selfsugtigheid. Ons sien rugby as ‘n alliansie in ons strewe
om werkersklas bewustheid te verskerp ten einde die mobilisering van
werkers, werkloosheid, jeug en plattelandsers te versterk.  Dit als vorm
deel van die visie om ‘n Sosialistiese Suid Afrika te bou omdat rugby
kommunalisme en deel bevorder wat die mees belangrike pilare vir Sosialisme
is.

Die Rugby wereld beker kom teen ‘n baie kritieke tyd waar vrede en
soewereiniteit van lande van die onderontwikkelde wereld, veral in Afrika en
Latyns Amerika gedreig en gebombardeer word met militere aggressie deur die
magtige en bloeddorstige Vereenigde State en sy NATO alliansie. Hierdie
Wereld Beker moet dien as ‘n pilgrimstog om die militere aanvalle of die
“cowboy” taktieke soos forsering van regerings verandering in onafhanklike
state in Afrika en in ander wereld dele teen te staan. Sport, insluitende
rugby, bly ‘n sterk instrument of gereedskap om solidariteit, vrede en
eenheid tussen die mense van die wereld, veral tussen die bangste in
gemeenskappe, te bevorder.

Ons vra dat die Springbokke en die Suid Afrikaanse Rugby Unie (SARU) om
hierdie Wereld Beker periode te gebruik om die boodskap aan die mense
dwarsoor die wereld te versprei dat die land van Nelson Mandela, Oliver
Tambo, Chris Hani, Beyers Naude, Albertina Sisulu, Ruth First en Lillian
Ngoyi is teen die militere ingryping en manslagting van die onskuldige
burgers in Libia. Dit is die Libiese mense wat alreeds ly as gevolg van die
verfoeilike aanvalle van haar mense.

Hierdie Rugby Wereld Beker wat geskeduleer is om te begin in Nieu Zeeland is
‘n waardige platform vir sport persoonlikhede, ondersteuners,
administrateurs en almal om hulle te beroep om ‘n einde te maak aan die
slagting in Libia soos deur die Vereenigde State se inhaligheid en
imperialistiese idees verewig.

Laastens, aan ons Springbokke wat die natuur gefnuik het deur ‘n menslike
vorm aan te neem, doen ons land trots deur die Webb Ellis trofee terug te
bring waar dit hoort, sodat ons kan voortbou op die konsilidasie van die bou
van ‘n nie-rassistiese, nie-seksistiese, demokratiese regverdige Suid
Afrika.

Doen dit vir Nelson Mandela – Go Bokke Go

*Castro Ngobese, Nasionale Woordvoerder – 073 299 1595*

-- 
You are subscribed. This footer can help you.
Please POST your comments to [email protected] or reply to this 
message.
You can visit the group WEB SITE at 
http://groups.google.com/group/yclsa-eom-forum for different delivery options, 
pages, files and membership.
To UNSUBSCRIBE, please email [email protected] . You 
don't have to put anything in the "Subject:" field. You don't have to put 
anything in the message part. All you have to do is to send an e-mail to this 
address (repeat): [email protected] .

Reply via email to