Dankie Oupa, die Orde van die Donker en Duister is trots op julle.

2011/1/30 Gerrit van Niekerk <[email protected]>

> Lank gelede op 'n Donkeraand het 'n groep van dertien ridders en Prinses
> Elsevieve op 'n Donker en Duister ekspedisie vertrek. Die groep is gelei
> deur die gryse Gerrahad op sy spesiale perd omdat die brawe Hardenbaard op
> 'n avontuur in die Berg van die Drake was. Om almal bymekaar te hou het die
> befaamde renperdryer Klinktoon die agterhoede gevorm.
>
> Die eerste teken van die probleme wat sou volg, is waargeneem onmiddellik
> nadat die Kruiser spoor geneem is: die Vyand het 'n nuwe oorlogspad reg oor
> die spoor gegrawe, maar dit is oorkom en die spoor is tot bo gevolg. Nog 'n
> vyand het die uitgrawings op die maklike pad na die Mieliemuur RTIG nou so
> ver gevoer dat 'n bedrieglike ompad gevolg moes word. Dit is hier waar
> Gerrahad se getroue perd gestruikel het en hy 'n paar skuurplekke opgedoen
> het. Volgens die eeue-oue gebruike van die Orde van die Donker en Duister
> het dit meegebring dat hy die gebeure van die ekspedisie te boek moes stel.
>
> Vir 'n verandering is Roetter se Roete na die Suide gevolg waar ontdek dat
> benewens die reeds bekende versperrings aan die begin van die roete daar nou
> ook aan die einde daarvan aangebring is en die perde moes met moeite daaroor
> gehelp word. Die Blairwitch woud is sonder probleme deurkruis en die nuwe
> skokkende klim is aangepak - sonder enige skok, maar bo moes 'n moeras
> oorgesteek word en dit het vir 'n paar nat ridders gesorg.
>
> As gevolg van die baie reën wat gedurende die seisoen geval het, was daar
> 'n oorvloed van gras wat bekende spore verberg en soektogte genoodsaak het.
> Boonop was daar genoeg nuwe slote en gladde modderpoele om 'n aantal
> onbeheerste afklimme te veroorsaak.
>
> Op die ou end moes ook oor 'n paar afgekapte bome geklim word om by die
> bestemming uit te kom kort. Dit is bereik kort nadat die klok op die
> stadsplein tien slae uitgebeier het. Daar was algemene ooreenstemming dat
> die ekspedisie met sukses uitgevoer is.
>
> Oupa Gerrahad.
>
>  --
> You received this message because you are subscribed to the Google Groups
> "DarkAndDirty" group.
> To post to this group, send email to [email protected].
> To unsubscribe from this group, send email to
> [email protected]<darkanddirty%[email protected]>
> .
> For more options, visit this group at
> http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.
>

-- 
You received this message because you are subscribed to the Google Groups 
"DarkAndDirty" group.
To post to this group, send email to [email protected].
To unsubscribe from this group, send email to 
[email protected].
For more options, visit this group at 
http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.

Reply via email to