Dankie OG, die verslag is terdee geniet! From: Gerrit van Niekerk Sent: Sunday, January 30, 2011 10:29 PM To: darkanddirty Subject: [D&D-chat] Donkeraand 27 Januarie
Lank gelede op 'n Donkeraand het 'n groep van dertien ridders en Prinses Elsevieve op 'n Donker en Duister ekspedisie vertrek. Die groep is gelei deur die gryse Gerrahad op sy spesiale perd omdat die brawe Hardenbaard op 'n avontuur in die Berg van die Drake was. Om almal bymekaar te hou het die befaamde renperdryer Klinktoon die agterhoede gevorm. Die eerste teken van die probleme wat sou volg, is waargeneem onmiddellik nadat die Kruiser spoor geneem is: die Vyand het 'n nuwe oorlogspad reg oor die spoor gegrawe, maar dit is oorkom en die spoor is tot bo gevolg. Nog 'n vyand het die uitgrawings op die maklike pad na die Mieliemuur RTIG nou so ver gevoer dat 'n bedrieglike ompad gevolg moes word. Dit is hier waar Gerrahad se getroue perd gestruikel het en hy 'n paar skuurplekke opgedoen het. Volgens die eeue-oue gebruike van die Orde van die Donker en Duister het dit meegebring dat hy die gebeure van die ekspedisie te boek moes stel. Vir 'n verandering is Roetter se Roete na die Suide gevolg waar ontdek dat benewens die reeds bekende versperrings aan die begin van die roete daar nou ook aan die einde daarvan aangebring is en die perde moes met moeite daaroor gehelp word. Die Blairwitch woud is sonder probleme deurkruis en die nuwe skokkende klim is aangepak - sonder enige skok, maar bo moes 'n moeras oorgesteek word en dit het vir 'n paar nat ridders gesorg. As gevolg van die baie reën wat gedurende die seisoen geval het, was daar 'n oorvloed van gras wat bekende spore verberg en soektogte genoodsaak het. Boonop was daar genoeg nuwe slote en gladde modderpoele om 'n aantal onbeheerste afklimme te veroorsaak. Op die ou end moes ook oor 'n paar afgekapte bome geklim word om by die bestemming uit te kom kort. Dit is bereik kort nadat die klok op die stadsplein tien slae uitgebeier het. Daar was algemene ooreenstemming dat die ekspedisie met sukses uitgevoer is. Oupa Gerrahad. -- You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected]. To unsubscribe from this group, send email to [email protected]. For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en. -- You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected]. To unsubscribe from this group, send email to [email protected]. For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.
