D&D (newbie) Night ride report 3 July 2012 - Carina
Wat op aarde vang ek aan? Dit is maar een van die gedagtes wat deur my kop maal terwyl ek Irene Mall toe ry. Die son is lankal onder en die koue begin al deurslaan en nou gaan ek vir 'n fietsry sessie. Normaal? 8 ander “normale” mense is gereed op hulle fietse. Party het liggies op die koppe, ander op die handvatsels, ek het sommer altwee – het alles nodig om my deur hierdie aand te kry! Ek word voorgestel deur Donald, al iemand wat ek ken. Maar die mense het nie normale name nie, hoe op aarde moet ek hulle almal onthou? Ek val maar in die tou en daar begin ons ry! Eers is ek bietjie huiwerig, ek kan rerig nie veel sien nie... Ons begin sommer by Ecstacy Park... “Leuen net terug en laat jou fiets oorrol!”. Dit is Donald by die drop-off in die parkie... Ok, daar gaan ek! Wow, dis nogals lekker! Kom ons doen dit sommer nog 'n keer! Daarna ry ons deur gruis tot bo-op tussen erens en nerens. Nou kan ek nog minder sien... Maar ek is ten minste nog op my fiets! Ek trap dat dit klap! Het skoon spierspasmas van al die inspanning. Dan ry ons in die rigting van die Smuts-huis, ten minste ietsie bekends. Dan, sonder enige waarskuwing, die Ghost Ride! “Is julle seker ek kan nie maar met my liggie aan ry nie?” vra ek benoud. Ek hoef nie eers die antwoord te gee nie. Die maan sit nog op die horison, so ek probeer net agter die fiets voor my bly. Partykeer is die voetpaadjie swart, ander keer grys. As jy 'n “grts-grts” hoor, is jy ordentelik off-road! En ruk dan maar weer die fiets terug. Die ghost ride is die waterskeiding vir my. Hierna is dinge baie makliker en sommer lekkerder. Ek gesels lekker met Markus wat baie sukkel om my nie “tannie” te noem nie. Ek gee toe maar oor, noem my dan maar tannie :-) Ons ry op plekke wat ek eerder nie in die dag wil sien nie. Maar dit word toe 'n aand wat ek lank nie sal vergeet nie. Erens is ons deur 'n tonnel onder die R21 deur. My rigting is maar nie van die beste nie. Al wat ek weet, toe ek my oe uitvee, is ons amper weer terug. Die aand was baie goed vir ons, die koue het eers rerig begin teen die ruggraad afkruip so 10 minute voor die onderstebo koei weer in sig gekom het. Dankie aan julle almal vir julle geduld met al my gille en grille en brille. Het dit baie geniet! Sal julle definitief weer join een van die dae! Carina -- You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected]. To unsubscribe from this group, send email to [email protected]. For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.
