Dankie Carina! Die lewe is te kort om nie af en toe 'n D&D ride in te pas nie.
Ek moet swot die week vir 'n klomp eksamens volgende week - maar die week daarna kom ek beslis weer saam. Tot dan: laat kom die ride-reports :D c. 2012/7/17 Donald Klopper (GMail) <[email protected]> > D&D (newbie) Night ride report 3 July 2012 - Carina > > > Wat op aarde vang ek aan? Dit is maar een van die gedagtes wat deur my kop > maal terwyl ek Irene Mall toe ry. Die son is lankal onder en die koue begin > al deurslaan en nou gaan ek vir 'n fietsry sessie. Normaal? > > > 8 ander “normale” mense is gereed op hulle fietse. Party het liggies op > die koppe, ander op die handvatsels, ek het sommer altwee – het alles nodig > om my deur hierdie aand te kry! > > > Ek word voorgestel deur Donald, al iemand wat ek ken. Maar die mense het > nie normale name nie, hoe op aarde moet ek hulle almal onthou? Ek val maar > in die tou en daar begin ons ry! > > > Eers is ek bietjie huiwerig, ek kan rerig nie veel sien nie... Ons begin > sommer by Ecstacy Park... “Leuen net terug en laat jou fiets oorrol!”. Dit > is Donald by die drop-off in die parkie... Ok, daar gaan ek! Wow, dis > nogals lekker! Kom ons doen dit sommer nog 'n keer! > > > Daarna ry ons deur gruis tot bo-op tussen erens en nerens. Nou kan ek > nog minder sien... Maar ek is ten minste nog op my fiets! Ek trap dat dit > klap! Het skoon spierspasmas van al die inspanning. > > > Dan ry ons in die rigting van die Smuts-huis, ten minste ietsie bekends. > Dan, sonder enige waarskuwing, die Ghost Ride! “Is julle seker ek kan nie > maar met my liggie aan ry nie?” vra ek benoud. Ek hoef nie eers die > antwoord te gee nie. Die maan sit nog op die horison, so ek probeer net > agter die fiets voor my bly. Partykeer is die voetpaadjie swart, ander keer > grys. As jy 'n “grts-grts” hoor, is jy ordentelik off-road! En ruk dan maar > weer die fiets terug. > > > Die ghost ride is die waterskeiding vir my. Hierna is dinge baie > makliker en sommer lekkerder. Ek gesels lekker met Markus wat baie sukkel > om my nie “tannie” te noem nie. Ek gee toe maar oor, noem my dan maar > tannie :-) Ons ry op plekke wat ek eerder nie in die dag wil sien nie. Maar > dit word toe 'n aand wat ek lank nie sal vergeet nie. > > > Erens is ons deur 'n tonnel onder die R21 deur. My rigting is maar nie > van die beste nie. Al wat ek weet, toe ek my oe uitvee, is ons amper weer > terug. Die aand was baie goed vir ons, die koue het eers rerig begin teen > die ruggraad afkruip so 10 minute voor die onderstebo koei weer in sig > gekom het. > > > Dankie aan julle almal vir julle geduld met al my gille en grille en > brille. Het dit baie geniet! Sal julle definitief weer join een van die dae! > > > Carina > > > -- > You received this message because you are subscribed to the Google Groups > "DarkAndDirty" group. > To post to this group, send email to [email protected]. > To unsubscribe from this group, send email to > [email protected]. > For more options, visit this group at > http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en. > -- http://cyclingwith.blogspot.com -- You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected]. To unsubscribe from this group, send email to [email protected]. For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.
