Lekker verslag Carina! Hoop ons sien jou gou weer.
Wat is so vreemd aan name soos Deekay, Dash en Oupa Gert? :)

Oupa Gert.

2012/7/17 Carine <[email protected]>

> Dankie Carina!
>
> Die lewe is te kort om nie af en toe 'n D&D ride in te pas nie.
>
> Ek moet swot die week vir 'n klomp eksamens volgende week - maar die week
> daarna kom ek beslis weer saam. Tot dan: laat kom die ride-reports :D
>
> c.
>
>
>
> 2012/7/17 Donald Klopper (GMail) <[email protected]>
>
> D&D (newbie) Night ride report 3 July 2012 - Carina
>>
>>
>> Wat op aarde vang ek aan? Dit is maar een van die gedagtes wat deur my
>> kop maal terwyl ek Irene Mall toe ry. Die son is lankal onder en die koue
>> begin al deurslaan en nou gaan ek vir 'n fietsry sessie. Normaal?
>>
>>
>>  8 ander “normale” mense is gereed op hulle fietse. Party het liggies op
>> die koppe, ander op die handvatsels, ek het sommer altwee – het alles nodig
>> om my deur hierdie aand te kry!
>>
>>
>>  Ek word voorgestel deur Donald, al iemand wat ek ken. Maar die mense
>> het nie normale name nie, hoe op aarde moet ek hulle almal onthou? Ek val
>> maar in die tou en daar begin ons ry!
>>
>>
>>  Eers is ek bietjie huiwerig, ek kan rerig nie veel sien nie... Ons
>> begin sommer by Ecstacy Park... “Leuen net terug en laat jou fiets
>> oorrol!”. Dit is Donald by die drop-off in die parkie... Ok, daar gaan ek!
>> Wow, dis nogals lekker! Kom ons doen dit sommer nog 'n keer!
>>
>>
>>  Daarna ry ons deur gruis tot bo-op tussen erens en nerens. Nou kan ek
>> nog minder sien... Maar ek is ten minste nog op my fiets! Ek trap dat dit
>> klap! Het skoon spierspasmas van al die inspanning.
>>
>>
>>  Dan ry ons in die rigting van die Smuts-huis, ten minste ietsie
>> bekends. Dan, sonder enige waarskuwing, die Ghost Ride! “Is julle seker ek
>> kan nie maar met my liggie aan ry nie?” vra ek benoud. Ek hoef nie eers die
>> antwoord te gee nie. Die maan sit nog op die horison, so ek probeer net
>> agter die fiets voor my bly. Partykeer is die voetpaadjie swart, ander keer
>> grys. As jy 'n “grts-grts” hoor, is jy ordentelik off-road! En ruk dan maar
>> weer die fiets terug.
>>
>>
>>  Die ghost ride is die waterskeiding vir my. Hierna is dinge baie
>> makliker en sommer lekkerder. Ek gesels lekker met Markus wat baie sukkel
>> om my nie “tannie” te noem nie. Ek gee toe maar oor, noem my dan maar
>> tannie :-) Ons ry op plekke wat ek eerder nie in die dag wil sien nie. Maar
>> dit word toe 'n aand wat ek lank nie sal vergeet nie.
>>
>>
>>  Erens is ons deur 'n tonnel onder die R21 deur. My rigting is maar nie
>> van die beste nie. Al wat ek weet, toe ek my oe uitvee, is ons amper weer
>> terug. Die aand was baie goed vir ons, die koue het eers rerig begin teen
>> die ruggraad afkruip so 10 minute voor die onderstebo koei weer in sig
>> gekom het.
>>
>>
>>  Dankie aan julle almal vir julle geduld met al my gille en grille en
>> brille. Het dit baie geniet! Sal julle definitief weer join een van die dae!
>>
>>
>> Carina
>>
>>

-- 
You received this message because you are subscribed to the Google Groups 
"DarkAndDirty" group.
To post to this group, send email to [email protected].
To unsubscribe from this group, send email to 
[email protected].
For more options, visit this group at 
http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en.

Reply via email to