Well me and nico survived the skelms of down & dirty, but i remember passing dodgy guys in the veld. As long as we stay together on night rides we should be ok. And insure your bike.
2009/9/9 Brendon & Michelle Hutchinson <[email protected]> > This is really really bad. And what scares me is that we ride through some > of these areas. Do you think we are at risk on Thursday night rides or do > you think we have sufficient numbers? > > Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you! > > ------------------------------ > *From*: Hardy > *Date*: Wed, 9 Sep 2009 09:49:02 +0200 > *To*: PEAK mailing list<[email protected]> > *Subject*: [DarknDirty] Fwd: FW: Down and Dirty Mountain Bike Race > > > > > Vier bergfietsryers is in twee afsonderlike voorvalle voor en tydens ’n > wedren in Centurion by Pretoria van hul fietse beroof. > > Mnr. Fritz Pienaar, organiseerder van die Nissan Down and > Dirty-bergfietswedren wat Saterdagoggend in Irene, Centurion, plaasgevind > het, het gesê dié twee voorvalle het sowat 6?km uit mekaar plaasgevind. > > Dié wedren is in beboste dele van Irene gehou. Pienaar het gesê hulle het > probeer om gevaarlike dele uit te skakel en gehoop die groot getal > deelnemers – sowat 2?000 – skrik misdadigers af. > > Volgens Pienaar het twee vriende vroeg die oggend, voordat die wedren begin > het, op hul eie naby die wedrenroete gery. > > “Drie mans met onderskeidelik ’n panga, ’n mes en ’n gebreekte bottel het > uit die bosse gespring en die mans gedwing om hul fietse te oorhandig,” het > hy gesê. “Die slagoffers het ons toe by ’n waterpunt gewaarsku daar is mense > wat fietsryers beroof.” > > ’n Paar uur later is ’n man en ’n vrou, die agterste twee ryers in die > 30?km-wedren, beroof. > > Twee mans het onderskeidelik met ’n mes en ’n koevoet uit die bosse > gespring en hulle gedwing om die fietse vir hulle te gee. > > Dié voorval het gebeur in die tyd wat die bestuurders van die voertuig wat > agter die agterste deelnemers gery het, omgeruil het. Dit was sowat 6?km van > die eindpunt af. > > Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die moontlikheid word > ondersoek dat dieselfde groep misdadigers vir albei voorvalle > verantwoordelik is. > > Pienaar het gesê dit is die eerste keer waarvan hy bewus is dat fietsryers > tydens ’n wedren beroof word. > > Volgens Pienaar was daar die afgelope maand verskeie voorvalle in Irene > waar fietsryers óf aangeval óf beroof is. > > Verskeie fietsryers het in Januarie vanjaar ook onder misdadigers > deurgeloop. > > Mev. Mathilda Barnard (39) is op 7 Januarie bebloed en bewusteloos in ’n > veld in dié omgewing langs haar fiets gekry nadat sy in die nek gesteek is. > > Nog minstens drie ryers is in die maand ná dié voorval op dieselfde roete > langs die N1-hoofweg naby die Bothalaan-afrit aangeval en beroof. > > - Beeld > > > > > > > > > > --~--~---------~--~----~------------~-------~--~----~ You received this message because you are subscribed to the Google Groups "DarkAndDirty" group. To post to this group, send email to [email protected] To unsubscribe from this group, send email to [email protected] For more options, visit this group at http://groups.google.com/group/darkanddirty?hl=en -~----------~----~----~----~------~----~------~--~---
